Boeing betaal miljarde vir 737 fout

Die Amerikaanse vliegtuig vervaardiger Boeing, het ʼn aanslag van $2.5 miljard om te betaal vir die twee vliegtuie wat geval het weens ʼn fout in sy rekenaar sagteware.

Die twee 737 MAX passasiersvliegtuie het op dieselfde wyse neergestort en die dood van honderde passasiers veroorsaak.

Vir maande daarna is alle Boeing 737 MAX vliegtuie nie toegelaat om te vlieg nie, en moes die Boeing maatskappy eers die fout in die vliegtuie regstel.

 Die VSA se Departement Regsake het Boeing beveel om die uitbetalings aan die eisers te doen nadat intensiewe ondersoeke gedoen is wat uiteindelik gewys het dat die sagteware ʼn ernstige fout het wat die mense se lewens gekos het.

Sowat $244 miljoen van die $2.5 miljard is ʼn boete wat betaal moet word vir die oortreding van bepaalde wette in die VSA, en die balans moet aan die naasbestaandes van die slagoffers uitbetaal word.