Biden vra verlenging van wapen ooreenkoms

President Joe Biden van Amerika vra dat die bestaande “STAR” wapen ooreenkoms met Rusland vir vyf jaar verleng moet word.

Politieke ontleders reken dit is Biden se voorstel om homself te beskerm teen onderhandelings wat kan misluk met Rusland, terwyl hy bewus is daarvan dat hy oor 5 jaar nie meer die Eerste Burger van Amerika sal wees nie.

Die Russe het aan Donald Trump voorgestel dat die ooreenkoms wat reeds verstryk het, hernu word vir vyf jaar, en met Biden se mapraat van die Russe, homself uit ʼn nuwe akkoord gekry.

Die wapen ooreenkoms is ʼn kontrole stelsel wat verseker dat die twee lande nie in ʼn wapen wedloop verstrik raak nie, maar die Trump-regering het Rusland daarvan beskuldig dat hy reeds die ooreenkoms geskend het deur meer wapentuig te vervaardig as waarvoor voorsiening gemaak is.

Die bestaande ooreenkoms wat nou verval het, is deur die Barack Obama regering aangegaan met die Russe, en verklaar tot ʼn mate waarom Biden dit net wil verleng, terwyl die Russe se verbreking van die akkoord beteken dat hulle vir die volgende 5 jaar ʼn voorsprong op die VSA het.