Biden se immigrasie word beproef

Die nuut verkose Amerikaanse president, Joe Biden, wat oor ʼn paar dae ingehuldig word, se eerste belofte sal getoets word in die eerste dae van sy presidentskap.

Joe Biden het in sy verkiesingsveldtog gesê een van die aspekte wat hy sal aanspreek, is die Trump administrasie se beleid om immigrante die land te belet.

Nou is honderde mense vanaf Honduras in ʼn “karavaan  optog” onderweg na die VSA om as immigrante toegelaat te word omdat hulle swaar getref is in hulle eie land tydens die virus pandemie.

Nagenoeg 1,000 mense is in die karavaan wat klaarblyklik te voet onderweg is, en sal die grens na die VSA spoedig bereik kort nadat Biden ingehuldig is op 20 Januarie.

Die meer as ʼn 1,000 voetgangers wil egter nie voor 20 Januarie by die Amerikaanse grens met Meksiko aankom nie, uit vrees dat die Trump regering teen hulle mag optree.

Die karavaan immigrante sê hulle hoop is daarop gevestig dat Joe Biden hulle ʼn warm en gulhartige verwelkoming in die VSA sal gee.