Biden se eerste toets is immigrante

ʼn Karavaan van honderde immigrante wat te voet op pad is na die Amerikaanse grens is die nuwe president se eerste toets van hoe hy honderde mense se eis om toegelaat te word in Amerika, gaan benader.

Die karavaan wat Honduras verlede Vrydag te voet verlaat het onderweg na die Amerikaanse grens met Meksiko, wil as immigrante toegelaat word nadat Biden in sy verkiesingsveldtog gesê het die immigrasie beleid van Trump moet verander word.

Die karavaan se woordvoerder sê hulle is op pad na die VSA omdat Joe Biden binnekort president is en hy “ons 100 gegee het om tot by die VSA te kom”.

Die woordvoerder sê hulle reageer op Biden se beloftes dat ê moratorium van 100 dae ingestel sal word op die deportasie van immigrante soos wat Donald Trump ingestel is.

Hy sê die karavaan mense verkeer in moeilike omstandighede en dit is toe vererger met die koronavirus wat Honduras ook getref het.

Joe Biden het in sy verkiesingsveldtog gesê ʼn nuwe “roete’ sal gegee word om wettige en permanente inwoning te bied aan immigrante in die VSA.