Biden in Staat van Beskuldiging?

Marjorie Taylor Green

Die Republikeinse verteenwoordige Marjorie Taylor Green het op die tweede dag van Joe Biden se presidentskap haar belofte nagekom om dokumente te liasseer om die president in ʼn Staat van beskuldiging te plaas.

Die rede vir haar optrede spruit uit die reëling wat getref is met Biden se inhuldiging, toe 25,000 soldate van die weermag ontplooi is om die president te beskerm terwyl Amerikaanse kiesers nie toegelaat is om die seremonie by te woon nie, en slegs ʼn handvol mense wat uitgenooi is, teenwoordig was.

Green word hoog aangeslaan as konserwatiewe Republikein wat nog diep spore kan trap in die Amerikaanse politiek, en haar jongste aksie teen Biden is glo die eerste van nuwe inisiatiewe wat sy beplan om Republikeine gereed te maak vir die stryd wat wag.

Die Republikeine het klaarblyklik besluit om soos wat die Demokrate hulle haat veldtog teen Trump volgehou het en telkens gepoog het om hom in ʼn staat van beskuldiging te kry, dieselfde met Joe Biden te doen.

 Die Demokrate beheer egter die Huis van Verteenwoordigers sowel as die Senaat, wat beteken dat die aanslag op Biden nie sal slaag nie, maar is hoofsaaklik ʼn simboliese aksie teen die president.