Bankrot SA moet meer betaal

Suid-Afrika gaan duisende dosisse koronavirus entstof van AstraZeneca aankoop maar teen ʼn prys wat byna drie keer hoër is as wat die Europese Unie vir dieselfde entstof betaal het.

Die Minister van Gesondheid het die bewering gemaak gedurende verlede week, wat beteken dat die sogenaamde oorkoepelende struktuur wat sou sorg dat die armer lande ook entstof kry, die feit van wat dit gaan kos in Rand en sent, geheel en al oor die hoof gesien het.

Finansiële kenners sê die prysverskil het nie net te make met die hoeveelheid dosisse wat bestel word nie, maar ook hoe vinnig betalings gedoen word. Hy sê Duitsland het miljoene dosisse entstof gekoop deur maande tevore die koopsom oor te betaal aan die verskaffers.

Klaarblyklik is 1,5 miljoen dosisse entstof deur die owerheid bestel via die Serum Instituut van Indië wat gedurende Februarie afgelewer sal word, maar wat die prys daarvan sal wees, word nie bekendgemaak nie, se waarnemers.

Later het die Departement van Gesondheid bevestig dat ʼn prys van $5.25 (sowat R80) per dosis sal beloop, en sal die klein hoeveelheid entstof van 1,5 mil;joen dosisse ongeveer R120 miljoen beloop.

Indien Suid-Afrika meen om teen die einde van 2021 die 40 miljoen mense wil immuniseer, sal 80 miljoen dosisse gekoop moet word, en teen R80 per dosis, gaan dit ʼn aardige bedrag wees, iets wat die land nie juis kan bekostig nie.