As dit alles waar is van Zuma….

Die Zondo Kommissie oor Staatskaping moes die week hoor van beskuldigings wat teen Jacob Zuma gemaak word, wat nie net skokkend is nie, maar wat ook as dit die waarheid is, ernstige gevolge kan inhou vir die skuldige.

Maandag het die voorsitter van die Zondo Kommissie oor Staatskaping , Adjunk Hoofregter Raymond Zondo, teruggekeer na sy stoel om voort te gaan met die aanhoor van getuienisse wat betrekking het tot die Staatskaping skandaal.

Dr. Sydney Mufamadi het getuig en beweer dat spioenasie fondse aangewend is om nie net die voormalige president, Jacob Zuma, te verryk nie, maar ook om die media te betaal om sy beeld as president te probeer bou.

Dr. Sydney Mufamadi was glo op daardie tydstip verbonde aan die Paneel van Hoëvllak beamptes van die Staat Veiligheid Agentskap en het die week begin getuig hoe Jacob Zuma miljoene Rand in sy eie sak gedruk het in die tyd 2015 tot 2017.

Mufamadi beweer dat daar gesê is dat R2.5 miljoen per maand betrokke was, end at dit later vergroot is na R4.5 miljoen in 2016 en dat die geld aan Zuma beskikbaar gestel is via die staatsekretaris van destyds, David Mahlobo.