Arabiese staat Oman kry kroonprins

Die Arabiese staat Oman se sultan het aangekondig dat ʼn konstitusionele opgradering gedoen word wat dit moontlik maak dat die land vir ʼn eerste keer ʼn kroonprins kan aanwys.

Nuwe reëls oor hoe die politieke sisteem gaan werk, en hoe die parlement sal funksioneer, is ook bygewerk.

Die land se Sultan Haitham bin Tariq al-Said het die basiese wette uitgevaardig en uiteengesit watter rol die staat sal vervul, en die nuwe rigting wat deur die Sultan aangedui is, word beskou as ʼn positiewe stap.

Die Sultan het ʼn jaar gelede aan bewind gekom, en is besig met hervormings wat Oman tot nou toe vermy het tot sy eie nadeel aangesien die inwoners ontevrede is met die ou bedeling.