ANC maak vreemd gereed vir verkiesing

Die ANC het op sy pas afgelope Lekgotla byeenkoms n vreemde klank laat hoor wat slegs as verkiesings plan van omkopery gesien kan word.

Dit is die mening van ʼn politieke ontleder nadat die ANC se president, Cyril Ramaphosa, glo laat blyk het dat dit nodig kan wees om voort te gaan met die pandemie Noodfonds se maandelikse uitbetalings aan mense wat swaarkry.

Enkele weke gelede het die regering dit uitdruklik gestel dat daar nie geld is om verdere uitbetalings aan mense nie.

Die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat die ANC bekommerd is oor wat gaan gebeur met die komende verkiesing, en wil stemme trek deur mense in nood uit die staat se Noodfonds te help wat waarskynlik oor nog geld beskik.