Alkohol verbod laat talle sneuwel

Die verbod op verkoop van alkoholiese drank het waarskynlik ʼn positiewe uitwerking wat betref die misdaad in Suid-Afrika, en die besetting van hospitale word ook verminder weens alkohol verwante misdade.

Dit is egter die kleiner brouerye wat wurg. Sommige woordvoerders van die industrie sê hulle sal nie hulle deure kan oop hou as dit tot 15 Februarie of langer gaan wees wat die regering die verbod toepas nie.

Benewens die groot aantal kleiner drankwinkels wat reeds verplig was om hulle deure te sluit tydens die vorige inperkings, is daar nou drankwinkels in die middel grote groep wat sê hulle sal ook hul deure moet sluit.

Waarnemers wys daarop dat die sonde belasting wat die Ontvanger van Inkomste moet kry, ernstige nadele inhou wat die Minister van Finansies se kaarte deurmekaar skommel.

Miljoene Rand se belastings is verlore vir die ontvanger, en dit sal sy begroting wat in Februarie ter tafel geneem gaan word, ernstig raak en kan sekere aanpassings verwag word.

Dit het intussen aan die lig gekom dat oorweging gegee gaan word om selfone ook te verplig om TV lisensies uit te neem aangesien die fone oor die vermoë beskik om TV kanale se uitsendings uit te saai.