African Bank ook in krisis

Die aankondiging dat African Bank se Hoof Uitvoerende Beampte skielik bedank het, laat die wenkbroue hoog lig onder finansiële instansies en deskundiges.

Die Bank se hoof, Basani Maluleke, het glo bedank na n ernstige verskil met die bank se voorsitter ontstaan het, wat alles waarskynlik verband hou met die Bank se enorme verlies van die afgelope jaar.

Gerugte lui dat die verliese toegeskryf word aan verskillende faktore wat almal verband hou met die pandemie wat ook die funksionering van African Bank geraak het.

Nagenoeg R27 miljoen se verlies het gerealiseer, en kan waarskynlik die rede wees waarom die Hoof Uitvoerende Beampte en die Bank se voorsitter in ʼn ernstige meningsverskil betrokke was wat ook die hoof se bedanking veroorsaak het.