Vlak 3 behels verskeie veranderings

Die terug beweeg na Vlak 3 grendel program behels eerstens dat alkoholiese drank nie vervoer of verkoop mag word nie, en alhoewel die bedryf ʼn groot bydrae tot die staatskas se finansies maak, sal die maatreël waarskynlik nie langer duur as tot 15 Januarie 2021 nie.

Sakeondernemings

Ondernemings wat moet sluit, is die volgende:

Rolprent en ander teaters

Dobbelhuise en casino ondernemings

Museums, kunsgalerye

Gimnasiums en fiksheid lokale

Restourante

Sekere veilings

Sportbyeenkomste

Voorsorg

Die populasie moet die volgende maatreels nakom om boetes en tronkstraf te vermy:

Dra maskers buite die woonplek

Handhaaf sosiale afstand te alle tye

Was en sanitasie van hande buite die woonhuis is noodsaaklik

Byeenkomste

Enige byeenkoms wat toelaatbaar is soos begrafnis of kerkdiens, mag deur hoogstens 50 mense bygewoon word deur mense wat maskers moet dra en sosiale afstand handhaaf en hande sanitasie toepas.

Gesluit vir publiek

Openbare swembaddens

Kroeë en ander drink lokale

Openbare parke

Strande in gebiede wat geïdentifiseer is as “gevaar sones”