Virus: Wes-Kaap infeksies spring gevaarlik

 Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, is glo oortuig daarvan dat die styging in koronavirus infeksie gevalle goed gemoniteer sal word en nuwe maatreëls ingestel sal word as die tendens voortduur.

Verskeie gebiede van die provinsie het die afgelope paar dae groot stygings in nuwe infeksies gehad, wat kommer wek dat ʼn tweede pandemie die Wes-Kaap kan tref.

Beide gebiede, die Tuinroete en Kaapstad se Metro gebied het te midde van streng maatreëls, nogtans ʼn skerp toename in infeksies aangemeld.

Die aangrensende Oos-Kaap het egter ʼn nog groter toename ondervind, wat blykbaar oorgespoel het na Wes-Kaap gebiede, en daar is die toename so hoog dat ʼn aangepaste weergawe van Vlak 3 se grendel maatreëls moontlik ingestel sal moet word.

Met die Desember vakansietyd wat aanbreek, sal baie vakansiegangers die land deurkruis, wat die risiko verhoog dat metro gebiede weer krisis afmetings beleef met nuwe infeksies.

Suid-Afrika kan ʼn tweede pandemie verwag as die basiese voorsorg maatreëls nie gedurende die vakansie toegepas word nie, en dit is wat die land allermins kan bekostig terwyl sy afgradering en resessie nog van krag is.

Binne 24 uur is 74 sterftes aangemeld en staan Wes-Kaap se infeksies nou op 15,000 aktiewe gevalle.