Virus maskers besoedel see

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) is waarskynlik bewus daarvan dat sowat 2 miljard virus gesigsmaskers in oseane van die wêreld beland het en die seelewe bedreig.

Die opspraakwekkende bevinding het omgewings aktiviste regoor die wêreld in beroering gebring en is daar selfs gedagtes geopper dat regerings verantwoordelik gehou moet word vir die enorme besoedeling.

Die kommer bestaan dat die maskers deur die groter vissoorte as prooi gesien kan word, en die onverteerbaarheid van sekere soorte die diere se dood kan meebring.

Kenners wys daarop dat die wêreldwye krisis met plastiek besoedeling is die oseane, daar tot hede nog geen haalbare oplossing gevind is om die see se plastiek te verwyder nie. Met die klein mikr-grote plastiek wat deur wetenskaplikes ontdek is in alle vissoorte, kan die maskers die krisis net vererger, word gesê.