Verskerpte grendel maatreëls kom

Verskerpte regulasies is op die Oos-Kaap en ingestel waar die infeksies van Covid virus gevalle skerp toeneem.

Dit is feitlik ʼn uitgemaakte saak dat die ANC regering verskerpte maatreëls gaan aankondig weens die stygende tendens van koronavirus infeksies wat oor  sekere gebiede waargeneem word.

Ingeligte bronne beweer dat daar hoofsaaklik twee gebiede is wat sulke maatreels noodsaaklik maak, en twee hoof maatreëls gaan blykbaar aangekondig word.

Die aanbevelings van die Nasionale Koronavirus Bevelsraad oorweeg glo twee regulasies.

Waarskynlik gaan die verkope van alkohol vanaf Maandag tot Donderdag ingeperk word, en dat restaurante en kroeë op bepaalde tye nie alkohol mag verkoop of beskikbaar stel nie.

Die maatreëls word beskou as uiters noodsaaklik omdat hulle na bewering hoofsaaklik verantwoordelik is vir die toename in infeksies wat ondervind word.