Tweede pandemie wurg Brittanje

Die tweede pandemie, waarvan die koronavirus nog twee variasies ook by het, is besig om die Verenigde koninkryk se stryd te bemoeilik, en inenting vorder nie so vinnig as wat aanvanklik beplan is nie.

Die Verenigde Koninkryk (VK) het pas aangekondig dat hy ʼn nuwe rekord aantal nuwe infeksies geregistreer het terwyl hospitale onder geweldige druk verkeer en swaarder belas is met pasiënte as tydens die eerste pandemie.

Die nuwe variante van die virus, wat hoogs aansteeklik is teenoor die oorspronklike koronavirus, word verder gedryf deur die tweede variant wat in die land gevind is en wat uit Suid-Afrika afkomstig is.

Die Britte word gemiddeld met sowat 40,000 nuwe infeksies elke 24 uur geteister, en word toegeskryf aan die nuwe variante van die Covid virus is wat in die land gevind is, terwyl sterftes sowat 350 per 24 uur is.

Wetenskaplikes reken die nuwe variante is sowat 70% meer aansteeklik as die eerste weergawe wat wêreldwyd tot chaos en ekonomiese insinkings gelei het.