Trump veto word omver gegooi

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die veto van President Donald trump omver gegooi deur eenstemmigheid om die Verdedigingswet soos voorgestel is, te aanvaar.

Die Senaat moet egter ook sy stempel op die aangeleentheid sit, maar dit is duidelik dat die president sterk teenkanting uit die Republikeinse kamp gekry het in die Huis van Verteenwoordigers.

Meningsvormers is van oordeel dat die Senaat ook ten gunste van die voorgestelde wetgewing sal stem, wat gesien kan word as ʼn groot nederlaag vir die uittredende president.

Die Huis van Verteenwoordigers het met ʼn groot meerderheid van 322 stemme teen 87 ten gunste van die Verdedigingswet gestem, en daarmee die vereiste twee-derde meerderheid bereik wat nodig is om die president se veto ongedaan te maak.