Suid-Korea koop Moderna entstof

Die regering van Suid-Korea het aangekondig dat hy ʼn koop ooreenkoms wil onderteken met Moderna om 20 miljoen dosisse Covid entstof te bekom.

Die staat se nuusagentskap het die inligting vrygestel slegs ʼn dag nadat aangekondig is dat ʼn reuse veldtog van inenting begin sal word in ʼn poging om ʼn tweede pandemie te probeer vermy.

Vroeër is berig dat ʼn geneesheer wat ingeënt is met Moderna virus entstof, ernstige allergieë opgedoen het wat hom genoodsaak het om gehospitaliseer te word.

Die nagevolge van virus entstof en die allergieë wat by sommige mense ontstaan, is nog nie volledig ondersoek nie, en wetenskaplikes krap kop oor die neiging wat net deur ʼn klein persentasie pasiënte ondervind word.