Suid-Afrika gaan sukkel met entstof

Die beskikbaarheid aan koronavirus entstof is wereldwyd, behalwe in sekere ryk lande, werklik 4 nagmerrie, en Suid-Afrika, wat reeds baie sterfgevalle het, staan redelik agter in die tou om entstof te bekom.

Nagenoeg 22,000 mense het aan infeksie hulle lewens verloor in die land, en die stygende tendens aan nuwe infeksies wek ernstige kommer, maar dit is duidelik dat die R500 miljoen wat reeds betaal is om entstof verspreiding meer eweredig te kry saam met baie ander lande, beslis nie die antwoord is nie, word deur ontleders uitgewys.

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, moet minstens nog R4,5 miljard vind om te verseker dat die land nie agter in die ry bly staan nie.

As die geld betaal is, sal dit egter net sowat 3% van die bevolking kan voorsien, en dit beteken dat daar iewers baie hulp, of baie geld, beskikbaar sal moet kom om bankrot SA te help met entstof.