Staatskaping kan ANC vernietig

Pravin Gordhan

Die Zondo Kommissie wat handel oor Staatskaping getuienisse, het weereens ʼn ongewone optrede beleef toe die ANC se minister Pravin Gordhan kaalvuis in die geveg arena opgetree het.

In ʼn kruis ondervraging aan die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, tydens die Kommissie oor Staatskaping se sitting, het sake warm geword tussen die minister en die voormalige hoof van die SA Inkomstediens, Tom Moyane se regsverteenwoordiger, ene Dali Mpofu.

Gordhan het glo gesê Moyane het nie kriminele klagtes teen hom nie, maar hy gaan voort met sy siening dat Moyane deel was van die groep wat Staatskaping in die oog het.

Waarnemers sê die verloop van die verrigtinge het getoon dat daar ʼn bitterheid bestaan tussen die twee ANC lede wat as seniors in die party gesien word.

Gordhan het getuig dat die verskille met Moyane het begin toe hy as Minister van Finansies aangestel is in 2015 en hy ʼn vergadering met Moyane gereel het met die doel om inligting te bekom.

Die geveg is nog nie verby nie, en die vermoede bestaan dat Gordhan onderwerp sal word aan kruis ondervraging deur Moyane se regsverteenwoordiger.