Spanje hou rekord van entstof weiering

Spanje se Minister van Gesondheid, Salvad Illa, sê ʼn lys kan opgestel word van private persone wat weier om die koronavirus entstof te aanvaar.

Hy sê die hou van so ʼn lys name sal geheel en al binne die wet wees, maar Madrid reken dit kan selfs met ander lidlande van die Europese Unie gedeel word.

Spanje het reeds met sy inenting veldtog begin, maar soos in elke Europese land is daar mense wat weier om die entstof te aanvaar en laat hulle nie inspuit nie.

Die minister sê die data sal nie aan enige iemand beskikbaar gestel word nie, en sal met die nodige respek hanteer word ter beskerming van almal wie se name op die lys is, maar die naamlys sal met ander EU lande gedeel word.

Kenners wys daarop dat kuberkrakers ook in die naamlys sal belangstel, wat tot katastrofiese gevolge kan lei vir die Spaanse regering, die persone op die naamlys, en die EU kan ook in ʼn hofgeding beland as gegewens wereldkundig gemaak sou word.