So lyk ANC belofte van werkskepping

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het onderneem om 800,000 nuwe werksgeleenthede te skep in die huidige finansiële jaar.

In die sogenaamde “ekonomiese herstel program” van die regering, wat na die pandemie in proses moet kom, het daar nie groot veranderings in die swak toestand gekom nie, behalwe dat werkloosheid steeds ʼn ernstige probleem is.

Die regering het homself verskans deur te sê dat elf nasionale departemente en al die provinsies verantwoordelik is vir die implementering van die program om werksgeleenthede te skep.

Volgens die verslag is daar reeds beloftes van 400,000 geleenthede, maar dit is nog nie amptelike werksgeleenthede wat beskikbaar is nie.

Volgens die verslag sal 300,000 nuwe werkers in die Departement van Basiese Onderwys opgeneem word as assistente by skole regoor die land.

Die Departement van Handel is glo besig met kompetisies om jong mense op te lei tot sakelui wat hulle eie ondernemings kan begin.

Die Departement van Openbare Werke het glo ʼn program om water en energie meer effektief te gebruik in werking wat meer werksgeleenthede sal bied.

Waarnemers en finansiële deskundiges sê egter die poste se waarde is slegs dat die regering kan wys hy het werk geskep, meer belasting gevorder, maar ook miljoene Rand van belastingbetalers aangewend om in staatsdepartemente te gaan werk, waarskynlik as “oortollige” werkers.