Sjina ruimtetuig land op Maan

Sjina het ʼn ruimtetuig suksesvol lanseer wat gister op die maan geland het, en die Sjinese vaartuig het ʼn historiese sending om vir die eerste keer in dekades, rots vanaf die maan terug te bring vir navorsing.

Sjina het die Charg e-5 gelanseer om grondstowwe van die maan te bring vir wetenskaplikes om meer te wete te kom van die ruimte.

Nagenoeg 2 kilogram monsters van die maan oppervlakte se stowwe sal waarskynlik deur die ruimtetuig versamel word en later terug te bring vir die navorsing wat gedoen gaan word.

Indien Sjina se sending suksesvol afgehandel word, sal die land die derde moontheid wees wat grondstof monsters vanaf die maan na die aarde bring.

Die poging van Sjina is egter etlike dekades later as wat die Vsa gedoen het, en daarna deur Rusland suksesvol uitgevoer is, maar ingeligte bronne betwyfel die waarde van die sendings en sê geen nuwe inligting oor die maan is deur die VSA of Rusland vrygestel wat van betekenisvolle waarde kan wees nie.