SA se Covid data word bevraagteken

Ernstige vrae het die afgelope maand ontstaan oor die korrektheid van die Covid-19 inligting wat vrygestel word, veral in die lig van die ekonomiese werklikhede wat heers.

Ekonomiese ontleders is nie oortuig daarvan dat die gegewens korrek is wat daagliks vrygestel word nie, en die lae infeksie syfers van Sentraal Transvaal (Gauteng) is die een provinsie waarvan die data ernstig bevraagteken word.

Die moontlikheid dat Natal se gegewens ook nie korrek is word gesien uit die hoek van ekonomiese redes, net soos in die geval van Gauteng wat beide ʼn belangrike rol in die ekonomie vervul.

Die moontlikheid dat die syfers vir die twee provinsies gekook word, is glo nie uitgesluit nie. Die regering kan nie ʼn tweede pandemie sien gebeur nie, en Met Gauteng as die grootste ekonomiese gebied, word laer syfers dalk gegee sodat strenger maatreëls soos in Oos-Kaap nie ingestel word en die ekonomie benadeel nie.

Met Natal as Desember se vakansie plek vir mense uit die binneland, is dieselfde rede dalk van krag, alhoewel geen klinkklare bewyse beskikbaar is nie.