Russiese wetenskaplike sterf vreemd

ʼn Prominente Russiese wetenskaplike wie ook ʼn belangrike rol vervul het in die ontwikkeling van die land se eie koronavirus entstof, is op ʼn vreemde manier gedood.

Hy is gevind met ʼn erge steekwond en is uit die venster van sy woonplek in St.Petersburg gestamp en het die 14 verdiepings afgeval na sy dood.

Alexander “Sasha” Kagansky, is ʼn 45-jarige wetenskaplike wat nog in sy onderklere was toe hy na sy dood geval het, sê die Russiese polisie wat die ondersoek doen.

Die wond is waarskynlik die bewys dat hy deur iemand aangeval is wat hom ook by die venster van sy woonplek gestamp het, en die polisie vermoed dat hy deur die venster gestamp of gegooi is deur sy aanvaller.

Die polisie het intussen ʼn 45-jarige man wat bekend is aan die wetenskaplike, gearresteer en word glo ondervra.