Rusland vervolg Navalny weereens

Die Kremlin se grootste kritikus, Alexei Navalny, wat ook leier van die opposisie party is, word hierdie keer vervolg weens beweerde bedrog en Russiese ondersoekers is besig om die tersaaklike bewyse te versamel om hom en sy organisasie vas te trek.

Die vervolgers beweer dat Navalny van die geld wat ingevorder is vir sy organisasie, ook deur Navalny na sy eie rekening oorgeplaas is vir eie gebruik.

Volgens gerugte is die vervolging teen Navalny begin in opdrag van die Russiese president Vladimir Poetin.

Die 44-jarige opposisieparty se leier het die afgelope jaar onder moeilike omstandighede sy take verrig, en het feitlik geen geleentheid gehad om sy ondersteuningsbasis te verbreed nie aangesien die vervolgers hom deurlopend verhinder het.

Die Ondersoek Komitee sê in ʼn verklaring dat die mees prominente Russiese opposisie se leier die wet oortree het deur geld wat gekollekteer is, deur hom vir persoonlike gebruik aangewend is.