Polisie gearresteer weens omkopery

Verlede week is vier polisiebeamptes vasgetrek weens korrupsie, en pas word berig dat nog drie polisiebeamptes gearresteer is weens omkopery.

Die SA Polisiediens en die Padverkeer Bestuur het bevestig dat drie offisiere gearresteer is Maandag namiddag weens korrupsie en omkoop transaksies.

Die drie wat gearresteer is was blykbaar vasgetrek toe hulle Maandag in Witbank aangemeld het vir diens, toe die Valke eenheid op hulle toegeslaan het.

Die toenemende korrupsie voorvalle onder die polisiediens se bemanning word allerweë as ʼn baie gevaarlike situasie beskou aangesien die openbare mening in al groter mate hulle wantroue te kenne gee oor die polisiediens.

Selfs die sosiale netwerk gons elke eer as die berigte bekend word van nog polisie wat as kriminele gearresteer is.

Kenners sê ʼn onbetroubare polisiemag is slegter as om oor geen polisiemag te beskik nie, want korrupte polisie bevorder die saak van ʼn piesangrepubliek.

Motoriste wat die wet oortree het, het minstens twee van die drie met geld omgekoop om nie gearresteer te word nie, maar is betrap.