Ons groet ʼn Stryder

Mnr. Louis van der Schyff, jarelange beampte van die Herstigte Nasionale Party, is die afgelope Maandag oorlede.

Die Vryburger se redaksie bring hulde aan hierdie Afrikanerseun wat sy hele lewe as volwassene gewy het aan die stryd om sy volk weer in vryheid te laat voortbestaan.

Ons meegevoel aan Louis se familie wat ook deur die jare so getrou aan sy sy gebly het.