Oekraine voer stryd teen korrupsie

Die vermaaklikheid en bekende persoonlikheid in die Oekraine, wat tydens die presidentsverkiesing as wenner aangewys en ingehuldig is, voer ʼn verbete stryd om korrupsie in sy land te beëindig.

President Volodymyr Zelenskiy is reeds geruime tyd in konflik met die Grondwet Hof sedert hy as president verkies is en streef daarna om sy verkiesingsbelofte na te kom.

Vroeër vanjaar het die president die Parlement versoek om die Grondwethof te ontbind, aangesien korrupsie besig is om die land lam te lê.

 Die hoof van die Grondwethof, Oleksandr Tupytsky, word nou ondersoek weens beweerde korrupsie, en die moontlikheid dat hy omkoopgeld ontvang het van ʼn sleutel getuie, sê ʼn woordvoerder van die vervolgingsgesag.

Die kantoor van die Vervolgings-Generaal het die president versoek om die hoof, Tupytsky, vir twee maande te skors tot die ondersoek na sy beweerde oortredings afgehandel is.

Die hoofregter word ook daarvan beskuldig dat hy getuies probeer beïnvloed en omkoopgeld eis vir wat gesien word as metodes om ʼn nuwe koers aan ʼn hofsaak te gee.