Nuwe virus variant bereik talle lande

Die Verenigde Koninkryk (VK) het ʼn nuwe rekord aantal infeksies geregistreer toe meer as 53,000 nuwe gevalle aangemeld is, wat die land se gesondheidswerkers aanspoor om die inenting veldtog te versnel.

Die nuwe variant van die koronavirus is intussen ook in Indië gevind, wat die kommer wek dat daar geen einde aan die infeksies gaan kom regoor die wêreld nie, en alhoewel miljoene mense weier om ingeënt te word, wil owerhede alles moontlik doen om mense se lewens buite gevaar te kry.

Die 53,135 nuwe infeksies in die VK is ʼn toename van 10,000 binne die afgelope 24 uur tydperk, wat ook die sterftes aansienlik verhoog het tot die land se totaal van byna 72,000.

Brittanje ondervind ook ʼn ernstige weerstand teen inenting, maar het nie gedagtes geuiter soos in Spanje wat rekord wil hou van mense wat geweier het om inenting te aanvaar.