Nog matriek eksamen vraestelle lek

Die Gauteng se woordvoerder oor onderwys, ene Panyaza Lesufi, het bevestig dat verskeie ondersoeke gedoen gaan word nadat verskeie berigte bekend gemaak het dat matriek vraestelle gelek het.

Die vraestelle het klaarblyklik by meer as een plek gelek, en is die Lewens Wetenskap se vraestel een daarvan.

Die eksamen is Maandag geskryf, maar dit lyk of die lekkasie voor die dag reeds plaasgevind het, en is glo ʼn groot kopseer vir die Departement wat nie ʼn benul het van waar dit gebeur het nie.

Lesufi het gesê die aangeleentheid is oorgedra aan die Valke eenheid, maar opvoedkundiges sê dit is duidelik dat korrupsie en oneerlikheid steeds voortduur in die onderwys geledere, terwyl leerlinge uiteindelik sertifikate ontvang wat deur sommiges nie verdien is nie.