Nog afgraderings wag op SA

Die groter krediet graderings agentskappe het dit onomwonde gestel dat Suid-Afrika nog afgraderings kan verwag in 2021 weens beloftes wat nie nagekom word nie.

Afgraderings sal beslis van krag word indien die ANC regering voortgaan om hervormings te beloof en dan op die ingeslane weg van ideologiese koers voort te beweeg.

Selfs binnelandse instansies soos Momentum waarsku teen die ongeërgdheid waarmee die regering voortgaan deur beloftes te maak waaraan nie uitvoering gegee word nie.

Moody’s het die langste probeer glo die Ramaphosa bewind sal die negatiewe beleid koers regstel, maar moes later die afgraderings doen om sy eie geloofwaardigheid te behou.

Die graderings agentskappe wys telkens na die arm en sukkelende finansiële vertonings van die land, en sê die skuldlas van die land is hoër as wat bekostig kan word terwyl die groei uiters swak vertoon.