Navalny bly in Russiese visier

Die Russiese gevangenisdiens het die land se opposisieleier, Alexei Navalny, gevra om aan te meld by hulle kantore in Moskou binne 24 uur om optrede teen hom te voorkom.

Indien hy nie aan die versoek voldoen nie, kan tronkstraf opgelê word, wat deur Navalny vertolk word dat die owerheid erken dat hy vergiftig was.

Die kritikus van die Kremlin was glo nie verbaas oor die ultimatum wat aan hom gestel is nie, en het blykbaar besluit om wel daaraan gehoor te gee.

Dit is die eerste keer dat die Russiese owerheid op ʼn manier kontak maak met Navalny, en waarnemers is oortuig daarvan dat hy steeds ʼn teiken is wat uiteindelik uitgeskakel moet word uit die politieke arena van Rusland.

Die Federale Gevangenisdiens het ʼn verklaring uitgereik waarin Navalny daarvan beskuldig word dat hy die terme van “vrylating” in 2014 oortree het, toe hy in die tronk beland het om te verseker dat hy nie aan die verkiesing mag deelneem nie.

Die owerheid beweer dat Navalny “steeds onderwerp word aan die terme van sy 2014 vrylating en derhalwe vervolg kan word.