Misleiding met virus entstof

Asof dit ni voldoende rede is vir Suid-Afrika om moedeloos te raak met die tweede koronavirus pandemie wat in sy felheid toegeslaan het nie, is daar die tweede element wat veroorsaak dat mense algehele vertroue in die regering verloor het.

Die tweede pandemie, wat veel gevaarliker is as die eerste een, is besig om nuwe infeksies teen ʼn skrikwekkende spoed te vermeerder, en die 15,000 nuwe infeksies wat Kersdag geregistreer is, word nie die laaste styging nie, sê deskundiges.

Die regering het reeds miljoene Rand oorbetaal om te verseker dat die eerste besending entstof afgelewer gaan word, al het die ANC gebroei voor die betaling gemaak is, wat toe ook te laat ontvang was.

Die aanvanklike berigte van regerings woordvoerders was dat die eerste entstof binne weke in die nuwe jaar afgelewer sou word en dat dit gebruik sou word om gesondheidswerkers te immuniseer.

Nou het Ramaphosa gesê die eerste entstof sal eers in die “tweede kwartaal” van 2021 afgelewer word, wat beteken dit kan moontlik eers in Junie gelewer word.

Gesien teen die agtergrond dat die land nie oor die finansiële vermoë beskik om die entstof te koop wat werklik genoeg sal wees om die sowat 60 miljoen inwoners te immuniseer nie, kan daar met redelike sekerheid gesê word dat dit nog twee tot drie jaar gaan neem voor genoeg entstof afgelewer sal word, en intussen sal die mense sterf en die ekonomie nog verder agteruit beweeg, nader aan die spreekwoordelike finansiële afgrond.