Massiewe aardbewing skud Kroasië

Verslae wat pas ontvang is dui daarop dat die Oos-Europese staat kroasie ʼn swaar aardbewing gehad het wat selfs ʼn kind se lewe geëis het.

Paniekbevange inwoners van Zagreb het uit vrees dat geboue op hulle kan inmekaar tuimel, die strate ingehardloop en die owerhede moes inderhaas maatreels in werking stel om inwoners te beveilig.

Die nabygeleë kernkragsentrale van Slowenië is ook as veiligheidsmaatreël afgeskakel weens die aardbewing wat gevolg het kort nadat ʼn ligte orkaan die gebied getref het volgens die Richterskaal 6,4 geregistreer volgens die Geologiese afdeling van die Verenigde State.

Die sentrale deel van die dorp Petrinia was die middelpunt van die skudding en talle geboue het inmekaar geval terwyl ander se dakke ineengestort het.

In Zagreb staan derduisende mense in die strate, steeds te bevange om terug te gaan na hulle woonplekke uit vrees dat hulle onder die puin van geboue mag beland.

Die skudding was so erg dat die buurlande Bosnië en Serwië en die Eerste Minister Andrej Plenkovic wat inderhaas na die stad is, het bevestig da teen kind omgekom het end at daar moontlik nog mense onder die puin kon wees.