Internasionale perspektief – een-wêreld regering reeds in plek

Lesers wat die internasionale media volg, sou in afgelope weke en maande die volgende waargeneem het:

            Die liberaal-humanistiese agenda word oor almal gestoomroller.

Dit is in sekere sin interessant om te sien hoe maklik letterlik biljoene mense gebreinspoel word.

            In Maart 2020 het wêreld-leiers soos een die ekonomië van hulle lande gesluit.

            In die eerste weke, met min geloofwaardige navorsing, seker te verstane.

            Sederdien …

            Die wekroep is “follow the science” – later meer hieroor.

            Meer onlangs sien ons meer en meer advertensies oor die “solidariteit van die

mensdom” wat sogenaamd “Covid oorwin” en dat ʼn gewaande eenheid in opoffering deur die massa, tot voordeel strek van die minderheid siekes.

Terwyl navorsing toenemend wys dat selfs in sy dodelikste, is Covid se mortaliteit minder as 1%, hou wêreld-leiers vol die verarming van biljoene is ʼn eerbare opoffering ter wille van die enkele miljoene …

Wat is die internasionale perspektief hieruit?

Die liberaal-humanistiese agenda ignoreer feite, vryhede en enige vorm van selfbeskikking.

Die feit dat lande een na die ander – met slegs enkele uitsonderings – lukraak dieselfde huis-arres strategieë volg, toon hoe die een-wêreld staat reeds funksioneer – bloot in verskillende tale met verskillende (plaaslike) gesigte.

“Follow the science” is betekenisloos indien wetenskap gestroop is van deeglike navorsing, onafhanklike toetsing en hersiening deur geloofwaardige en onafhanklike navorsers.

Sogenaamde “kits-skares” – werklik of virtueel – verguis onverwyld enige stem wat afwyk van die draaiboek.

Vandag het die VN hul visier vierkantig gestel op die deur-forseer van die klimaat-agenda.

In lig van ons ervaring in 2020, is dit werklik vergesog om te dink dat vanaf 2021 gaan ekonomië verder verwoes word, alles in die naam van panteïsme?