Grootpraat Flitse

Skeepsvrag

Die wêreld se grootste houer vragskip is die Marie Maersk wat aan Denemarke behoort, en wat 80,000 van die standaard grote skeepsvrag houers dra, en is so groot dat daar slegs enkele hawes in die wêreld is wat die skip kan ontvang om houers op of af te laai. Die skip is tien verdiepings hoog en word deur agt massiewe groot masjiene aangedryf wat elk ʼn permanente persoon het wat instandhouding moet doen terwyl bystand masjiene met aandrywing help wanneer nodig.

Hidro-elektriese krag

In Oostenryk is die wêreld se grootste hidro-elektriese kragopwekking wat by ʼn massiewe groot dam geïnstalleer is en wat verskeie Europese lande soos Duitsland en ander aangrensende state van elektrisiteit voorsien, Die dam se wal wat gebou is om te beweeg onder sekere omstandighede, word gemeet met ʼn gesofistikeerde stelsel wat op die beginsel van ʼn skietlood funksioneer.

Grootste motorvoertuig fabriek

Die wêreld se grootste motorvoertuig fabriek is in Duitsland waar Volkswagen gebou word, en 63,000 mense hulle daaglikse werk verrig om elke 16 sekondes nog ʼn nuwe Volkswagen te vervaardig, om jaarliks meer as 800,000 voertuie te vervaardig. Die onderneming is so groot dat daar selfs 6,000 fietse beskikbaar is vir besoekers wat die fabriek wil besigtig.