Grendel tyd word moontlik verleng

Die Covid-19 pandemie is nog lank nie verby nie, en die moontlikheid dat grendel tyd gaan verleng word, is die waarskynlikste opsie vir die regering.

Die geweldige toename in infeksie gevalle in die Wes-Kaap en Oos-Kaap laat stemme opgaan dat die gebiede na Vlak 3 grendel maatreëls geskuif word en die res van die land goed gemoniteer moet word om ʼn tweede pandemie wat hoegenaamd nie bekostigbaar is vir Suid-Afrika nie, te vermy.

Die verwagting is dat die huidige Nasionale Noodtoestand dus verleng sal word, en dat die regering sy hoop gaan vestig op die beskikbaarheid van koronavirus entstof om te verseker dat die tweede pandemie nie uitbreek nie.

Kenners is egter eens dat die entstof nie so gou in Suid-Afrika sal wees as wat algemeen verwag word nie, en sê al sou dit spoedig in die land beskikbaar wees, gaan dit baie lank neem voor die bevolking ingeënt sal wees.

Op 1 Desember was Suid-Afrika se Covid-19 status soos volg:

Sowat 792,000 positiewe infeksies

Sowat 733,000 gevalle het herstel

21,644 sterftes is aangeteken

2,295 nuwe infeksies vir die 24 uur tydperk