Gelofte beginsels in 2020

Tussen 22 November en 9 Desember 1838 het ons volk in sekere sin teruggekeer na ʼn kern-kenmerk van volk-wees.

Erkenning dat – soos ons grondwette later sou lees – dat volke slegs hul bestaansreg verkry van Hom wie beskik oor elke volk se ontstaan en bestaan.  Tot in die voleinding word hierdie ryke verskeidenheid gehandhaaf.

Maar dit word gehandhaaf op slegs één fondament, vir één doel:

Die eer van God.

Die eer van die oorwinning in Desember 1838 kom slégs God toe.

Die eer in herdenking daarvan kom slégs God toe.

Die oprig van die huis (kerk) geskied slégs tot Gods eer.

Alles wentel slegs om die verheerliking van God.

ʼn Volk wie onderneem om hul voortbestaan – geskenk uit die hand van God in die algemeen, en dan baie spesifiek in 1838 (en meermale sedertdien wanneer uitwissing gedreig het) – aan God te wy, kan slégs daardie Gelofte gestand doen indien daardie volk in élke opsig:

Hul volks-kerk suiwer wy aan God, soos Hý

            Dit is Christelik-gereformeerd.

            Geen ander sekte of dwaling kan geduld word nie.

Verdraagsaamheid sal inhou dat ons ons gevalle volksgenote sal maan tot bekering.

            Maar dit sal nie inhou dat ons die dwalinge akkommodeer nie.

Hul volks-maatskappy suiwer en volledig wy aan God, in broeder- sowel as naasteliefde:

Die ekonomie, sosiale lewe, volkspolitiek – alles geskied op voetspoor van Christus.

Daarom was teonomiese beginsels aanvanklik inherent deel van ons volkslewe.

Hier is dieselfde goeie buurskap waarvan ons geskiedenis leer, uiteraard deel.

Wat egter nie verdra mag word nie, is die eiebelang van party politiek.

Wat uitdruklik verwerp moet word, is die afgodery van “mensereg

Die héle openbare lewe van die land behoort slégs God se norme te erken.

Die liberale mistasting wat as “godsdiens vryheid” voorgehou word, moet reformeer.

Christene kan immers nie rus in die ewige dood van sy naaste nie!

WARE godsdiensvryheid (verdraagsaamheid) is NIE sinkretisties nie – dit laat elkeen toe om in privaatheid sy/haar godsdiens uit te leef, MAAR in die openbare sfeer mag slegs die Christelike ruimte geniet.

In lig van ons volk se toestand, is daar egter baie in ons eie huis wat skort.

Ouers moet weer ouers word – ons moet leiding neem en ons jongmense se tiekoms bou, onbaatsugtig daarvoor opoffer.

CVO skole is die enigste behoud vir ons kinders; sinkretisme in die openbare sfeer kan slegs met Christelike opvoeding besweer word.

Jongmense moet hulle plek ken; hulle moet die verguising van ons waardes en ons offers van weleer staak.

Jongmense is nie op enige iets geregtig nie – gesinne moet WEDERSYDS omgee, en ofskoon ouers opoffer vir ons kinders, is dit ʼn gawe waarvoor die jeug dankbaarheid verskuldig is – veral aan God Wie gelowige ouers sk

Sakelui en werkers moet saamwerk, maar die rol van heer en kneg moet eerbiedig word.

So min as wat ons uitbuitende kapitalisme mag toelaat, so min eht vakbond-sosialisme gemene grond met ʼn Christelik-gefundeerde ekonomie.

Ons het nie in 2020 die luuksheid van trek na ʼn onbewoonde ruimte nie.

Weens ontrou en naïwiteit is die vyand nie meer buite die laer nie.

Nogtans is ons omstandighede in baie opsigte steeds vol belofte; nie omdat ons in staat is om te herstel nie.

MAAR, omdat soos die Bittereinders in 1902 ook kan bid:

            “DINK, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.

            Bekeer ons tot U … vernuwe ons …”