EU eis dat Sjina joernalis vrylaat

ʼn Sjinese verslaggewer is gearresteer en in die tronk gestop nadat sy in een van haar berigte, dekking verleen het van die regering se hantering van die koronavirus pandemie wat feite bekendmaak waarvan die kommuniste klaarblyklik nie gehou het nie.

Die voorval het plaasgevind in dieselfde tyd as wat die Europese Unie gereed gemaak het om ʼn groot en belangrike beleggings ooreenkoms met Beijing te sluit.

Die Sjinese joernalis, Zhang Zhan, skryf ook sosiale network berigte wat krieties is teenoor die kommunistiese regering, en die EU gebruik klaarblyklik nous y bedingingsmag teen Sjina om die joernalis te bevry, aangesien joernalistieke werk by hoeq uitsondering, van sodanige aard is dat dit tronkstraf regverdig.

Kenners reken die EU se eis om vrylating kom op ʼn uiters strategiese tydstip en kan selfs die reuse beleggings ooreenkoms laat skipbreuk ly as die dame nie vrygelaat word nie.

Die EU het gesê dit wil lyk asof daar ernstige tekortkominge is in die Sjinese staat se menseregte bepalings en ook die vryheid van spraak word aangetas.