Duitsers kry te veel entstof

Swak kommunikasie en onverantwoordelike optrede het gelei tot die hospitalisering van agt gesondheidswerkers wat by ʼn blok wooneenhede in die noorde van Duitsland werksaam was.

Die agt werkers is op “byna onverklaarbare wyse” vyf keer met die Covid immunisering entstof ingeënt, en minstens vier van hulle moes inderhaas na die nabygeleë hospitaal geneem word vir behandeling.

Die werkers het almal die simptome van erge griep getoon en moes ook teen vreemde allergieë behandel word.

 Dokters moes bontstaan om die mense wat ʼn oordosis van die entstof gekry het te behandel vir die uiters vreemde allergie en ongekende griep simptone wat by elkeen aanwesig was.

Klaarblyklik was die werkers oningelig oor die inenting veldtog, en verskillende spanne wat met die inenting gemoeid is, het telkens die agt mense, waarvan drie mans is, met nog ʼn dosis ingeënt.