Boere trek plaasaanvaller vas

Boere in die omgewing van Verkykerskop het blitsvinnig gereageer nadat die boodskap versprei is dat ʼn swarte probeer het om Magdalena Brits dood te skiet.

Die aanvaller het drie keer geskiet na die boervrou, en het daarna op die vlug geslaan, maar die boere het hom vinnig voorgekeer en gesorg dat hy nie ontsnap nie.

Onbevestigde berigte lui dat die aanvaller, wat klaarblyklik maar ʼn redelik onopgeleide is met die gebruik van vuurwapens, het probeer om homself te skiet toe die wêreld te klein word, maar ook dit het misluk.

Die aanvaller en sy kamerade het gewag tot meneer Brits met ʼn voertuig weg is dorp toe, en het toe van die plaaswerkers vasgebind om daarna die boervrou te vermoor.

Die terroriste kon nie daarin slaag om die huis se doeltreffende diefwering stelsel af te takel nie, en het toe drie keer probeer om haar te skiet, wat telken misluk het.

Dit is die tweede plaasaanval binne twee dae, met die aanval op ʼn gasteplaas in Noord-Transvaal is Len Pretorius doodgeskiet deur terroriste.