Boeing 737 weer in die lug

Die eerste vlug in die VSA is uitgevoer deur die Boeing 737 Max wat nou reeds vir twee jaar op die grond moes bly tot opgraderings gedoen is om die reeks van Boeing te beveilig.

Die 737 Max is regoor die wêreld teruggehou om vlugte uit te voer, en sedert Maart 2019 het Boeing begin om die tekortkominge in die vliegtuie reg te stel sodat vlugte gister vir die eerste keer hervat kon word.

Die maatreël teen die gebruik van die 737 Max het gekom nadat twee lande elk ʼn vliegtuig met al die passasiers aan boord moes afstaan in vliegongelukke weens tegniese foute wat in die 737 Max voorgekom het.

Die eerste Boeing wat weer die lug ingesweef het, was met 100 passasiers aan boord onderweg na New York, nadat ʼn woordvoerder van Boeing gesê het die tuig is weer gereed om sy vlugte te begin.