Zuma tender vir die tronk tralies

Die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, het Donderdag voor die Zondo Kommissie verskyn tesame met sy regsverteenwoordigers.

Dit was egter nie lank nie, of die man wat voor die Zondo Kommissie moet getuig, het opgestaan en die Kommissie se lokaal sonder toestemming van Regter Zondo, die lokaal verlaat.

In gevolge die Suid-Afrikaanse regstelsel het die voormalige president ʼn ernstige oortreding begaan, wat hom n reuse boete of selfs tronkstraf kan kos.

Deskundiges reken die optrede van Jacob Zuma wat nou in ʼn ernstige lig gesien word, kan aanleiding gee tot die verdeling in die ANC wat ook gesien word as die potensiële skeuring wat groter is as enige vorige afsplintering.

Zuma het vroeër ʼn skrywe tot die Zondo Kommissie gerig waarin gevra word dat die voorsitter, regter Raymond Zondo, hom moet onttrek uit sy amp aangesien hy nie onpartydig is in sy beslissings nie.

Die regter het die versoek, wat as ʼn eis beskou kan word, verwerp en voortgegaan met sy taak waarvoor hy aangestel is.