Zuma probeer steeds Kommissie vermy

Indien die voormalige ANC president, Jacob Zuma, voortgaan met pogings om verskyning in die Zondo Kommissie weens die teenwoordigheid van regter Zondo, kan die Kommissie teen hom optree.

Ingevolge bestaande wetgewing kan ʼn bevel van arrestasie uitgereik word, en kan dit uiters nadelig vir Zuma wees, sê deskundiges van die regstelsel.

Zuma het slegs enkele dae voordat hy voor die Kommissie oor Staatskaping moes verskyn, het hy n aansoek geliasseer waarin gevra word dat regter Raymond Zondo homself moet verskoon van die werksaamhede van die Kommissie.

Die aansoek wat deur Jacob Zuma se regsverteenwoordiger hanteer is, word weer beskou as nog ʼn poging om uit die verhoor te bly, wel wetende wat die gevolge kan wees.

Jacob Zuma moet op 16 November voor die Kommissie verskyn, maar daar is onduidelikheid of hy betyds is om in ʼn hof ʼn beslissing te kry voor die datum.