Zuma nou in die hoek

Oud ANC president Jacob Zuma is nou in die spreekwoordelike hoek vasgedruk nadat die Zondo Kommissie se voorsitter, Raymond Zondo, beveel het dat hy strafregtelik vervolg word.

Die vervolging bring mee dat Zuma verplig gaan word om sy plek in te neem om te getuig, en dit onder eed te doen, voor die Kommissie.

Die voorsitter het gesê die optrede van Zuma is van so ʼn aard dat daar van hom ʼn voorbeeld gemaak word wat enige ander getuie sal laat besef dat dit ʼn ernstige oortreding van die wet is om sonder toestemming uit die lokaal te stap terwyl getuienis gelewer moet word.

Waarnemers reken die strafregtelike vervolging wat nou intree en wat Zuma gaan verplig om te getuig voor die Kommissie, die grootste nederlaag is wat Zuma nog op homself gebring het.