Zondo laat ANC in erge verleenthede

Adjunkhoof Regter Raymond Zondo se doelgerigte optrede om reg te laat seevier, laat die senior lede van die regerende ANC strompel en struikel.

Die sterk optrede teen Jacob Zuma wat sonder toestemming uit die lokaal gestap het, was een stap te ver geneem, en is hy nou op dun ys nadat Zondo ʼn bevel teen hom uitgereik het.

Kort daarna is nog ʼn prominente lid van die ANC, Dudu Myeni, ook met ʼn bevel gedreig van arrestasie weens haar bekendmaking van n getuie se naam wat anoniem moet bly en slegs as mnr. X aangespreek kon word.

Daar bestaan nou vrae of die Sekretaris-Generaal van die party, Ace Magashule, ook vervolg gaan word weens sy beweerde betrokkenheid by die Vrystaat “asbesdakke saga” waarby sowat R225 miljoen se korrupsie in gedrang is.

Talle ander hooggeplaastes is reeds gearresteer wat die beeld van ʼn korrupte ANC ondersteuners korps weerspieël, en of nog hoë bome in die slag gaan bly, sal net die tyd ons leer.