Woelinge binne die ANC

Ace

Daar is die afgelope tyd wye bespiegeling rondom die woelinge binne die ANC.  Die lasbrief vir Ace Magashule en sy moontlike vervolging het die Uitvoerende Bestuur in twee kampe gejaag.

Die helfte van die lede sal staan en val by Magashule aangesien hulle waarskynlik ook betrokke /is by skaduagtige transaksies en moontlik vervolg gaan word.

Die ander helfte skaar hul by Ramaphosa  wat dalk sal wil sien dat Magashule reeds nou uit die party “geskors” moet word hangende die uitspraak met sy vervolging om sodoende Ramaphosa se magsbasis te versterk.  Die elite rykes in die ANC , waaronder Ramaphosa en Partick Motsepe tel, besef dat die fontein van hul rykdom besig is om uitgeput te raak en wil ten alle koste daardie bron behou.

Hou die verdeeldheid enige voordeel in vir die Boere Afrikaner?  Nie werklik nie aangesien die getalle oormag van swart kiesers altyd sal sorg dat ‘n swart “demokratiese” party die septer sal swaai.