Winkelsentrums raak erg bekommerd

Die naderende feestyd het sy eerste tekens van andersheid getoon, en behalwe dat “Swart Vrydag” se klug ook bydraend is, is daar rede waarom groot winkelsentrums se besoekers al minder word.

Die kopers publiek het reeds tydens die pandemie geleer om eerder aanlyn inkopies te doen as om die feestyd jou lewe en geld te waag in ʼn winkelsentrum waar rowers en misdadigers hulle prooi sorgvuldig uitsoek voor hulle toeslaan.

Te veel mense het in die verlede skade opgedoen deur op Swart Vrydag die onverantwoordelike ding te doen deur groot winkelsentrums te besoek. Die rowers se optrede word nie vergeet nie, en die gerief van aanlyn aankope waarvan jou bestelling binne enkele ure by jou voordeur afgelaai word, het veels te veel voordele.

Die gevolg van hierdie tendens is dat veral blankes nou die winkelsentrums waar sulke risiko’s bestaan, eerder te vermy, en as winkels wel besoek moet word, dan verkieslik na kleiner sentrums te gaan waar dit veiliger en rustiger is.

As die kopers publiek dan ook nog taxi of ander stakings moet trotseer wanneer inkopies gedoen moet word, dan is daar geen rede waarom aanlyn inkopies nie gedoen kan word nie.

En jou geldjies is veiliger as jy per internet die aanlyn aankope betaal.