Windplaas sal duisende van krag voorsien

Lekela is glo ʼn maatskappy wat daarop fokus om groen krag opwekking te bevorder, en het pas aangekondig dat hulle Windplaas suksesvol is met handel operasies wat krag opwekking betref.

Die maatskappy het blykbaar 5 windplase opgerig in ʼn konsortium regoor Suid-Afrika en sal gesamentlik 600MW kan lewer wat skoon rookvrye opwekking sal beteken,

Die maatskappy maak daarop aanspraak dat die opwekking ook koste effektief is, en sowat 485,000 wooneenhede van krag sal kan voorsien vir die volgende twee dekades.

Die grootste Windplaas is geleë in die Springbok omgewing van die Noord-Kaap, waar wind deurlopend die opwekking van krag sal verseker, en kan dit ʼn positiewe bydrae lewer om Suid-Afrika se energie krisis te help verlig.